top of page

Godsdiens/Kalisto 

 

Kalisto is Hoërskool Ermelo se geestelike tuiste waar leerders elke Dinsdagaand bymekaarkom vir ‘n uur van lofprysing, gebed, getuienisse deel en onderrig uit die Woord. Dit is vir Hoërskool Ermelo belangrik om gereeld die boustene van ons geloof weer opnuut by die leerders in te skerp, bv.: "Wie is Jesus? Waarom moes Jesus aan die kruis sterf? Waarom en hoekom moet ek bid?" Platforms soos die Alpha-reeks is al met die leerders behandel en is baie gunstig deur hul ontvang.

​

Kalisto is blessed to welcome visiting orators on a regular base. These guests share their passion for God and the Word with the Erries. Praise and worship form part of the Kalisto culture, leading their Erries to a stronger relationship with God.

​

‘n Hoogtepunt is die jaarlikse Kalistokamp. Daar is altyd heelwat pret-aktiwiteite soos ysbrekers, ‘n uitreik na boemelaars, ‘n hindernisbaan, ‘n staproete of ‘n damduik, laatnagte se saamkuier om die kampvuur, maar ook verskeie geleenthede vir lofprysing, gebed en bediening asook persoonlike stiltetyd saam met die Here.

By ‘n Kalisto Jeugweek word predikante & pastore na die skool genooi om die leerders te kom toespreek en geestelik te bedien. Donderdae gedurende pouse is daar ook ‘n gebedsgeleentheid waartydens ‘n Psalm gelees en oordink word, gebedsversoeke gegee en voor die Here in gebed gebring word. 
 

Ons prys die Here vir elke stukkie geestelike groei wat in die Errie-leerders se harte plaasvind en ons bid vol verwagting dat die Here nog meer Erries se harte aan die brand sal steek om hul kruise op te neem en Jesus Christus heelhartig te volg! 

​

 

Ondersteuningsdienste

 

Hoërskool Ermelo beskik oor ‘n leerderondersteuningsprogram genaamd iHelp. Hier ontvang leerders ondersteuning en leiding rakende vakkeuses, loopbane, verdere studies en beursaansoeke. We annually welcome various universities to our campus, and host a career exhibition for our grade 11’s. The school also offers study method courses, helping the Erries to study effectively.


Die skool bied voorts studiemetode-kursusse aan om leerders te leer hoe om effektief te studeer. Leerders met lees- en leerprobleme word na kundiges verwys en aangemoedig om doelwitte vir hul toekomstige beroepe te stel sodat die skool leerders kan help toerus om hul drome te verwesenlik.

​

Verrykingsprogramme is daarop gemik om leerders te help om hulself beter te leer ken, om te verstaan wat hul doel op aarde is en om tot volwassenheid te groei. Kort aanbiedings oor relevante onderwerpe soos persoonlikheidstipes en leierskapstyle word met die leerders behandel.

​

Leerders met persoonlike en maatskaplike probleme word individueel en vertroulik hanteer in beradingsessies deur ‘n gekwalifiseerde berader wat voltyds by die Erries is. Indien nodig, word die leerders verwys na buite-instansies soos die Christelike Maatskaplike Raad. iHelp is always available to support any learner who struggles to adapt to our fast-changing society. Learners who suffer losses, are uncertain of the future, or just need a shoulder to lean on can contact the iHelp support centre. Die doel van Hoërskool Ermelo se iHelp-program is om gebalanseerde, gelukkige kinders die wêreld in te stuur. The EHS strives towards preparing learners for the challenges and possibilities, which they may face after school, ensuring their meaningful contributions towards society.

 

​

Leierskapstelsel

​

Die EHS glo dat elke graad 12-leerder hul plek moet volstaan as leiers van Hoërskool Ermelo. Die dra van die kenmerkende streepbaadjies is die simbool van leierskap. Dan volg die Errie-raad, asook koshuisrade en daarna die Uitvoerenderaad. Laasgenoemde bestaan uit verskeie portefeuljes: Huisvoorsitters (Dorp, Nelstehuis, Huis Veltman), Sport, Kultuur, Sekretarisse, Penningmeesters en Hotelraad voorsitter. Die presidente staan aan die stuur van sake en die vise-presidente is die presidente se regterhande.

​

Die doel van die uitgebreide unieke leierskapstelsel is om leierskap by elke leerder te onwikkel sodat hy/sy hulle volle potensiaal kan bereik. Die leerders word ontwikkel deur verantwoordelikheid te neem vir groot en klein projekte wat hulle self moet reël, finansies bestuur, verhoudings bou met die gemeenskap en met mekaar en om rolmodelle vir die res van EHS se leerders te wees.

​

‘n Hoë premie word geplaas op die jaarlikse leierskamp, waar die leerders ten volle toegerus word vir die termyn as leier by Hoërskool Ermelo.

​

Die leerders van EHS stap uit die hoërskool as leiers, ongeag hulle agtergrond en persoonlikheid.

​

Gosdiens/Kalisto
Ondersteuningsdienste
Leierskapstelsel
bottom of page