Die Dorpspersoneel sowel as die dorpsleerders is passievol oor alles waarmee die Dorpies hul besig hou. Daar is twee wyses waarop leerders kan inskakel by Dorpshuis: Elke graad 8- tot 12-leerder wat in die dorp woonagtig is, word jaarliks die geleentheid gebied om as ‘n Dorpie te registreer. Registered Dorpies may participate in any social activities hosted by Dorpshuis,eg: the grade 8 concert,social events and leadership positions. Dorpies may make use of the facilities offered by Dorpshuis. This provides a safe environment from which Dorpies can operate while their parents are at work. Die daghuis is ‘n gawe uitkoms vir werkende ouers wat nie hul kinders tussen aktiwiteite kan of wil rondry nie. By Dorpshuis kry dorpsleerders die geleentheid om smiddae ‘n plekkie te hê waar hulle kan ontspan, huiswerk kan doen of gereed kan maak vir hul buitemuurse aktiwiteite. Wat die daghuis betref, kan leerders en ouers tussen twee opsies kies: Opsie 1: ‘n gedeelde kamer - die leerders verkry toegang tot ‘n kamer, ‘n kas en ‘n lessenaar waar huiswerk gedoen kan word. Opsie 2: die studiesaal - leerders ontvang elk ‘n toesluitkassie en kan smiddae in die studiesaal studeer. Al die inblywende leerders eet en ontspan saam in die eetsaal voordat die middag se bedrywighede begin.
Die Dorpie-familie bou reeds vanaf graad 8 hegte vriendskappe met mekaar. Vele matrieks en graad 8’s behou selfs na matriek kontak met mekaar - proof of close and close friendships!
Huismoeder: Me. Henriette Nel