top of page
IMG_7819.png

Fasiliteite

​

Hoërskool Ermelo is bevoorreg om oor meer as net ‘n gewone skoolterrein en skoolgeboue te beskik. The Erries are blessed with a beautiful campus which makes a great impression on everyone who enters this grounds.


‘n Mens kry nie sommer ‘n skool wat, van die ABK van Zijl Kunstesentrum tot die Errie Supreme-restaurant, met so ‘n wye verskeidenheid infrastruktuur kan spog nie. By die Erries is daar iets vir almal: vir die kultuurliefhebbers is daar die ABK van Zijl Kunstesentrum, die ouditorium sowel as die Adéle Grey Dansskool.

Vir die sportleerders is daar ‘n gimnasium, muurbalbane, ‘n skietsaal, tennis- en netbalbane, ‘n semi-waterbasis astro-hokkieveld asook gras-hokkievelde, ‘n atletiekbaan, rugbyvelde sowel as mat- en turfkrieketnette.  

 

The school also has an industrial kitchen which serves the subject Hospitality Studies, the Errie Supreme Restaurant, a cafeteria, computer labs, a multi media room, a reception hall and archive center. 

​

Iets unieks wat die Erries na aan die hart lê, is die skool se drie koshuise wat elk op hul eiesoortige wyse ‘n wesenlike bydrae tot die Groen Massa lewer, naamlik Huis Veltman, die seunskoshuis, Nelstehuis, die meisieskoshuis en Dorpshuis, die daghuis waarby die dorpsleerders inskakel.

​

Vir inligting in verband met die verhuring van die Errie-Unie-Astro, kontak gerus Linda Horn: linda.h@erries.co.za

bottom of page