top of page
ErrieUnie Wapen (Amptelik).png

Wees deel van
'n verskil!

Enige individu kan by die ErrieUnie vriende Alumni Bond aansluit. Dit is nie uitsluitlik vir Erries en/of oud-Erries nie. 

Ledegelde en borge help met die onderhoud van die 110 jaar oue gebou en fasiliteite. Daardeur kan ons in uitdagende tye in die behoeftes van ons leerders voldoen en geleenthede skep vir die voortbestaan van ons trotse skool.

Black & White skool-2.jpg

ErrieUnie:
‘n standvastige ondersteuningstesel vir EHS

Die ErrieUnie is ‘n liggaam bestaande uit onderwysers, oud-Erries, gemeenskapslede en individue wat die EHS goedgesind is. 

Ons is ‘n netwerk van vriende wat almal sterk bande met die EHS deel, en dra by vir behoeftige leerders, projekte en geleenthede wat die skool deur die jaar aanbied, asook die onderhoud van die skoolfasiliteite.

 

Die prioriteit van die ErrieUnie is om saam met Hoërskool Ermelo by te dra tot die ontwikkeling van die jeug, want húlle is die toekoms!

 

Word            deel van die ErrieUnie en dra so by tot die verskil in ons jongmense se lewens!

Maak gerus kontak met ons:

Leonora Jacobs 082 441 4361

Nadine du Toit 078 092 8245

errieunie@erries.co.za

bottom of page