top of page

Errie-musical2024Grease!

Kultuur 1.png
Kultuur 2.png

Kultuur

“Creativity takes courage, but behind every performer is a beginner
who fell in love with expression, story telling and being set free.”

 

Die EHS streef daarna om ‘n liefde en waardering vir kultuur by leerders te kweek. Die blootstelling wat Erries
aan kultuur kry, help leerders om te bou aan hul selfvertroue en omskep kinders in volrype, jong volwassenes. Deur toegewyde afrigting en onbaatsugtige ondersteuning lei die personeel die leerders om hul (soms verborge) talente te ontdek.

 

Kultuurkompetisies:

Redenaars: ATKV-Redenaars, Radikale Redenaars, Con Spirito, SALA, Oppie-Tong-Af, Artisticulta

Debat: Dink-of-Sink, ATKV-Debat

Toneel: ATKV-Tienertoneel, Con Spirito, FAK Allegretto Toneelfees

Koor: Koor, Ensemble

Buiten bogenoemde geleenthede waar die Erries op kompeterende vlak kan groei, is daar verskeie ander interne geleenthede wat die leerders op kulturele vlak kan ontwikkel: die jaarlikse groentjieskonsert, iHelp en Kalisto, musiekklasse by die kunstesentrum, asook dansklasse
by Adéle Grey dansskool.

 

Hoërskool Ermelo beskik oor 'n besondere kunstesentrum, genaamd die 
ABK van Zijl-kunstesentrum wat onder andere 'n uitstekende toegeruste ouditorium het.

Die Erries is ook betrokke by Landsdiens. Dié leer leerders vier belangrike liefdes, naamlik liefde vir God, liefde vir jou medemens, liefde vir die natuur en liefde vir arbeid.

bottom of page