top of page
IMG_7806.jpg

A.B.K. van Zijl Kunstesentrum

​

Hoërskool Ermelo se A.B.K. van Zijl-Kunstesentrum is sedert die inwyding in 1975 een van die grootste vere in EHS se hoed.

​

Met 500 sitplekke en ‘n verhoog-area wat ten volle toegerus is, asook verskeie musiek-klaskamers, is dié sentrum ‘n kultuurliefhebber se droom. 

This year EHS proudly presents a Rock Musical. This is a challenging génre, but each learner has the incredible privilege to be coached by professionals, from dancing, singing to acting and stage presence. The development of the learners’ abilities are priceless.  Daar is al menige EHS-optredes met groot sukses en hoë gehalte op die planke gebring.

​

Die musiekpersoneel leef met ‘n sigbare passie vir musiek wat hulle leerders se liefde vir dié kuns laat blom! Onderskeie insturmente se teoretiese- en praktiese-klasse, asook die sang word nie nét as vak aangebied by EHS nie, maar is beskikbaar vir alle leerders (oud en jonk) in die omgewing wat daarin belang stel. Daar is ‘n wye verskeidenheid keuses van instrumente om van te kies: klavier, klawerbord, kitaar, tromme, fluit, blokfluit, viool, tjello, saksofoon, asook sanglesse wat die leerders kan neem.

Die EHS Kunstesentrum bied ‘n verskeidenheid speelstyle aan:


Intern kan leerders kies tussen “Musiek vir genot” en “Ligte Musiek”. Beide die style is vir leerders wat verkies om nie musiek op eksamen vlak te neem nie.  Die meer ernstige musikante of leerders kan enige van die volgende drie eksterne kursusse volg wat deur die Kunstesentrum aangebied word: Royal Schools, Almsa of Unisa

​

Dit is wanneer die leerders die verhoog betree dat die liefde vir die uitvoerende kunste vlam vat in hul harte. Hierdie is een van die groot redes dat baie van Hoërskool Ermelo se leerders ná skool floreer in die wêreld van uitvoerende kunste.

​

bottom of page