top of page

WELKOM BY 
HOËRSKOOL ERMELO

Die Erries

Die grondslag van Hoërskool Ermelo berus op ons  geloof in Jesus Christus, standvastige waardes en ryke tradisies wat strek oor meer as 100 jaar.  Sedert die skool se stigting in 1914, streef die Erries daarna om leerders se karakter te help vorm, hul te lei om in ‘n persoonlike verhouding met God te staan, trots op hul alma mater te wees en met vertroue die wêreld in te gaan. Verder is ons visie om na graad 12 'n leerder die wêreld in te stuur wat 'n verskil maak. ‘n Leerder wat bemagtig is deur kennis, wat strewe na uitnemendheid en deurgaans groei, maar ook ‘n ware leier kan wees wat ander mense help om hulle passie in die lewe te vind. 

​

At EHS learners are taught to cope with the pressures of modern society and how to find creative solutions to problems.

 

Hoërskool Ermelo is nie middelmatig nie, omdat ons te alle tye streef na uitnemendheid op geestelike, akademiese, sport en kulturele terreine.

 

Erries betree die lewe na skool nie as blote toevoegings tot die samelewing nie, maar as volwaardige jong volwassenes wat ‘n definitiewe stempel afdruk waar hul ook al gaan.

Geskiedenis

Na ‘n lang voorgeskiedenis, waar baie mense hard gewerk het, kom EHS op 11 April 1914 tot stand. Aanvanklik is die EHS in die “Uitkomst-Meisies Tehuis” gehuisves, maar in 1917 verhuis die skool na die ou munisipale geboue. Op 19 April 1921 word die nuwe skool amptelik in gebruik geneem op die plek waar die skool vandag staan.

 

Die eerste skoolhoof van die Uitkomstskool,
mej. Adriani, het in ongeveer 1917 die breë groen
en smal wit kleure voorgestel. 

 

Die simboliek van die kleure is: 

Wit – Reinheid en Opregtheid

Groen – Moed en Hoop 

​

Mnr. Kotze, die eerste hoof van die skool (1914) het die arend as wapen van die EHS aanvaar. Die twee koppe wat na weerskante kyk, simboliseer wakkerheid.
Die kroon, bal en staf is simbole van koninklike mag.  

“Non Viribus Sed Virtute” - “Nie deur krag nie, maar deur deug.”

23004634_10155038125723201_3217470919317
bottom of page