top of page
On Your Mark

Atletiek

Die atlete van Hoërskool Ermelo is trots op hul harde werk, dissipline en spanwerk. Hulle is bekend vir hul geesdrif en die samewerking tussen afrigters en atlete. Afgesien van die fisieke opleiding, word atlete ook aangemoedig om geestelike weerbaarheid te bou en 'n wenmentaliteit te kweek wat hulle in alle aspekte van die lewe sal kan gebruik.

Die atlete het oor die jare  verskeie prestasies behaal, wat hulle nie net 'n reputasie as 'n mededingende span gegee het nie, maar ook 'n bron van trots vir die skool en die plaaslike gemeenskap.

A7R06469.jpg

Errie-Atlete

Hoërskool Ermelo neem ook deel aan vriendskaplike atletiekbyeenkomste te Hoërskool Nelspruit, Hans Moore en Midstream College gedurende die seisoen ter voorbereiding van die Interhoër. 

Tydens die jaarlikse Interhoër behaal Hoërskool Ermelo ‘n tweede plek uit die agt deelnemende skole: Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Ermelo, Hoër Volkskool Heidelberg, Hoërskool Rob Ferreira, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Middelburg Hoërskool, HTS Witbank en Hoërskool Oosterland.

Die Erries se dogterspan word aangewys as beste dogterspan.

+27 17 811 5866‬

  • Facebook
  • Instagram
Kryn Romijn.png

Kryn Romijn

Errie-Naelloper 

Kryn Romijn ontvang die toekenning vir die beste senior naelloper vir sy 400m met ’n tyd van 48:50 sekondes en word aangewys as die senior Victor Ludorum by vanjaar se Interhoër.  Kryn is ook die Suid Afrikaanse kampioen in die 400m-seuns 17 met ‘n wentyd van 46,45 sekondes by die ASA- kampioenskappe. Kryn word ingesluit in die ASA-span wat aan die Wêreldatletiek o/20- kampioenskap te Lima, Peru gaan deelneem. Kryn verteenwoordig SA in die 4 x 400m aflos vir mans sowel as die 4 x 400m gemengde aflos. Die mansaflosspan verower ‘n silwer medalje by die kampioenskappe. Kryn beklee tans 7de plek wêreldwyd in die 400m o/18. 

+27 17 811 5866‬

  • Facebook
  • Instagram
Kryn Romijn.png
Mia Davel.png

Mia Davel

Errie-Hoogspringatleet 2024

Mia Davel ontvang die toekenning vir die beste senior spronge dogter in hoogspring met ’n hoogte van 1.7m en word ook aangewys as senior Victrix Ludorum by Interhoër. Mia stap as naaswenner weg by die ASA-kampioenskappe vir dames onder 20 met ‘n hoogte van 1,73m. 

+27 17 811 5866‬

  • Facebook
  • Instagram

Luan Greyling

Errie-Naelloper

Luan Greyling (o.18 seuns) behaal ’n vierde plek in sy 800 meter by die SA Atletiek Kampioenskap uitdunne met ’n tyd van 1:57,94 sekondes. 

+27 17 811 5866‬

  • Facebook
  • Instagram

Elizma Swart

Errie-Gewigstootatleet

Elizma Swart word aangewys as beste senior worpe (dogter) vir gewigstoot by die Hans Moore byeenkoms van 2024. Sy verbeter die rekord van 12.53 na 13.63m. 

Sy eindig sestiende in gewigstoot by die SA Atletiek Kampioenskap met ’n afstand van 12,25 meter.

+27 17 811 5866‬

  • Facebook
  • Instagram

Tyrone Berning

Errie-Naelloper en Hoogspringatleet

SA Atletiek Kampioenskap

Tyrone Berning (o.20 seuns ) hardloop die 400 meter hekkies in 54,07 sekondes en eindig vierde.

Hy spring ook ’n hoogte van 2 meter en eindig negende in hoogspring.

+27 17 811 5866‬

  • Facebook
  • Instagram
A7R06788.jpg
A7R05692.jpg

Mnqobi Mabuza

Errie-Langafstandatleet 2024

Mnqobi Mabuza is aangewys as die beste junior langafstandseun by die 2024 Interhoër vir 3000m. Hy verbeter die Interhoërrekord van 10:11:80 na 9:43:22.

Mnqobi eindig  9de by die SA-kampioenskappe in die 1500m met ‘n tyd van 4:20:27

+27 17 811 5866‬

  • Facebook
  • Instagram

Aletha Kloppers

Errie-Langafstandatleet 2024

SA Atletiek Kampioenskap

Aletha Kloppers (o.16 dogters) behaal ’n sewentiende plek in die 3000m met ’n tyd van 11:06,97 sekondes.

+27 17 811 5866‬

  • Facebook
  • Instagram
A7R06492.jpg
bottom of page